Vertaal deur Helmut Burger
Voorwoord
Hierdie boekie is oorspronklik in Engels geskryf deur Fred R. Coulter, leraar van die Christian Biblical Church of God, Hollister, Kalifornië, VSA.
Wat hier onder volg is nie `n letterlike vertaling nie maar eerder `n verwerking. Die rede hiervoor is eenvoudig omdat die oorspronklike artikel deur die outeur geskryf is vir die Engelssprekende leser wat met die King James Weergawe van die Bybel vertroud is asook met die geskiedenis van die vertaling van die Bybel na Engels.
Om sekere gedeeltes van die artikel relevant en meer toepaslik vir die Afrikaanse leser te maak, hoofsaaklik waar hierdie aspekte ter sprake kom, is die artikel hier en daar aangepas en is enkele toevoegings gemaak, byvoorbeeld, die gedeelte onder die hoof “`n Vergelyking van ander vroeëEngelse, Nederlandse en Duitse vertalings van Johannes 3:3, 5”, op bladsy 10 en 11 verskyn nie in die oorspronklike artikel nie maar is bygevoeg ten einde die vergelyking van die vroeë vertalings van die Bybel, soos wat die outeur onmiddelik voorafgaande met die verskillende Engelse vertalings doen, ook deur te trek na tale wat nader verwant aan Afrikaans is.
Wat die kernonderwerp van die oorspronklike artikel egter aanbetref, naamlik die Skriftuurlike betekenis van die begrip “wedergeboorte”, is daar egter so na as moontlik aan `n letterlike vertaling gebly.
Laastens – alle Skrifaanhalings is uit die 1953(Hersiene) Uitgawe van die Bybel In Afrikaans.
Inleiding
Dit is duidelik dat die vroeë Latynse kerkvaders die teks van Johannes 3:5 opsetlik gewysig het, `n wysiging wat, tot vandag toe, die ware betekenis van die uitdrukking, “wedergebore”, verduister het. Hierdie wysiging het deel gebly van die Latynse Vulgaat en is die basis van die Katolieke lering van die “sakrament van die doop”. Gedurende die Hervorming het Protestante die Katolieke sakrament verwerp en `n effens verskillende lering aangaande “wedergeboorte” ontwikkel.
Die leringe van wat dit beteken om “wedergebore” te wees en om “van God gebore” te wees, is straks van die mees misverstaande leringe van die Nuwe Testament. Dit het, tragies, miljoene vals bekerings tot gevolg.
Die Katolieke sakrament het tot `n godsdienstige “werk” ontwikkel terwyl verskeie Protestantse weergawes gelei het tot `n verdraaide, wettelose genade wat Jesus se leringe, (dat van `n Christen vereis word om die gebooie van God te hou), verwerp. Wat hierdie dwaalleringe vererger is die onskriftuurlike geloof in die onsterflikheid van die siel en die praktyk van kinderdoop.
Daar is geen voorbeeld in die Skrif van babas of kinders wat gedoop word nie. Jesus is nie as kind gedoop nie, trouens, Hy is nie gedoop voordat Hy dertig jaar oud was nie. Die Nuwe Testament vermeld ook nie dat Johannes die Doper babas of kinders sou gedoop het nie. Die Nuwe Testament leer dat, wanneer iemand sy of haar sondes teenoor God bely, (hom of haar bekeer), en deur geloof die offerande en bloed van Jesus Christus ter vergifnis van sonde aanvaar, dan moet daardie persoon gedoop word deur onderdompeling in water (Hand. 2:38; 3:19; 8:35-36; Rom. 3:23-25; 4:7-8, 24-25; 5:9-10; 6:1-6). Bekering en doop is besluite en toewydings wat slegs `n volwassene kan maak. Die ware Nuwe Testamentiese leringe van wat dit beteken om “wedergebore” en “van God gebore” te wees, verskil heeltemal van Katolieke of Protestantse opvattinge.
Die Heidense, Babiloniese Oorsprong van `nVvervalste “Wedergeboorte”- Lering.
In sy monumentale werk, The Two Babylons, lewer Alexander Hislop afdoende bewys dat die heidense godsdienste, (waarvan die oorsprong in antieke Babilon te vinde is), `n nagemaakte, (vervalste, met ander woorde), geloof in, en praktyk van, “wedergeboorte” of “tweemaal gebore”, gehad het. Hy het geskryf: “The Brahmins make it their distinguishing boast that they are ‘twice-born’ men, and that, as such, they are sure of eternal happiness. Now, the same was the case in [ancient] Babylon, and there the new birth was conferred by baptism. In the Chaldean mysteries, before any instruction could be received, it was required first of all, that the person to be initiated [into the mysteries] submit to baptism in token of blind and implicit obedience” (Hislop, The Two Babylons, p. 132, beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
Toe God die mens van die toring van Babel af verstrooi het en hulle regoor die wêreld versprei het, het hulle hul afgodiese, heidense godsdiens met hulle saamgeneem. In stede daarvan om die ware God te aanbid het hulle voortgegaan om Nimrod, Semiramis en hulle twee se seun, Tammuz, te aanbid. Omdat God egter die mens se taal verwar het tot baie tale, het hierdie vals gode baie name gekry. Maar, ongeag hulle baie verskillende name in antieke en selfs moderne tale, is hulle die volgende drie heidense gode: Nimrod – die vadergod, Semiramis – die moedergodin en Tammuz – die seun en vals verlosser. Die geestelike dryfveer agter hierdie mensgode is niemand anders as Satan die duiwel, wie die hele wêreld mislei, nie.(Op. 12:9).
In die antieke Chaldeeuse misterie godsdiens was daar `n verdraaide mite aangaande “tweemaal gebore” te word, welke mite verbind word met die vloed van Noag. Die heidenpriesters het die waarheid verdraai om by hulle godsdienstige opvattinge te pas, soos Hislop opmerk: “Whatever primitive truth the Chaldean priests held, they ut- terly perverted and corrupted it. They willingly overlooked the fact that it was ‘the righteousness of the faith’ which Noah ‘had before’ the flood that carried him safely through the avenging waters of that dread catastrophe and ushered him, as it were, from the womb of the ark, by a new birth, into a new world, when on the ark resting on Mount Ararat, he was released from his long confinement. They led their votaries to believe that, if they only passed through the baptismal waters, and the penances therewith connected, that of itself would make them like the second father of mankind, ‘Diphueis,’‘twice-born,’ or ‘regenerate,’ [and] would entitle them to all the privileges of ‘righteous’ Noah, and give them that ‘new birth’…which their consciences told them they so much needed. The Papacy acts on precisely the same principle; and from this very source has its doctrine of baptismal regeneration been derived, about which so much has been written and so many controversies been waged. Let men contend as they may, this, and this only, will be found to be the real origin of the anti-Scriptural dogma” (Hislop, The Two Babylons, p. 137, beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
Babadoop: Soos reeds opgemerk het die Babiloniese godsdiens, saam met die verstrooiing van die mens vanaf Babel, regoor die wêreld versprei. Dit is gevolglik nie verbasend dat babadoop reeds duisende jare voor die Spaanse verowering van Meksiko, daar beoefen is nie. Toe die Spanjaarde Meksiko binneval was hulle verstom om `n babadoop, wat `n spieëlbeeld van die Katolieke ritueel was, waar te neem. Hislop verduidelik: “The same doctrine of baptismal regeneration [as the Babylonian Mysteries and Catholic practice] was found in full vigour among the natives, when Cortez and his warriors landed on their shores. The ceremony of Mexican baptism, which was beheld with astonishment by the Spanish Roman Catholic missionaries, is thus strikingly described in Prescott’s Conquest of Mexico: ‘When everything necessary for the baptism had been made ready, all the relations of the child were assembled, and the midwife, who was the person that performed the rite of baptism, was summoned. At early dawn [showing sun worship derived from ancient Babylon and Egypt], they met together in the courtyard of the house. When the sun had risen, the midwife, taking the child in her arms, called for a little earthen vessel of water, while those about her placed the ornaments, which had been prepared for baptism, in the midst of the court. To perform the rite of baptism, she placed herself with her face toward the west [the infant facing east], and immediately began to go through certain ceremonies … After this she sprinkled water on the head of the infant, saying, “O my child, take and receive the water of the Lord of the world [who is Satan the devil [II Cor. 4:4], which is our life, which is given for the increasing and renewing of our body. It is to wash and to purify. I pray that these heavenly drops may enter into your body, and dwell there; that they may destroy and remove from you all the evil and sin which was given you before the beginning of the world, since all of us are under its power” ...She then washed the body of the child with water, and spoke in this manner: “Whencesoever thou co- mest, thou [the evil spirit] that art hurtful to this child, leave him and depart from him, for he now liveth anew, and is BORN ANEW; now he is purified and cleansed afresh, and our mother Chalchivitlycue [the goddess of water] bringeth him into the world.” Having thus prayed, the midwife took the child in both hands, and, lifting him towards heaven [with the infant facing the rising sun] said, “O Lord, thou seest here thy creature, whom thou hast sent into the world, this place of sorrow, suffering, and penitence. Grant him, O Lord, thy gifts and inspiration, for thou art the Great God, and with thee is the great goddess.” ’ Here is the opus operatum without mistake. Here is baptismal regeneration and exorcism too, as thorough and complete as any Romish priest or lover of Tractarianism could desire” (Hislop, The Two Babylons, p. 133, beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
In antieke Griekeland het die heidense Atheners hulle doopwater “geheilig” deur `n vlammende fakkel wat die songod versimboliseer, in die water te dompel. Verwysend na Katolieke regverdigings van sulke praktyke, het Hislop geskryf: “Of what avail is it for Bishop Hay to say, with the view of sanctifying superstition and ‘making apostasy plausible,’ that this is done ‘to represent the fire of Divine love, which is
communicated to the soul by baptism and the light of good example, which all who are baptised ought to give.’ This is the fair face put on the matter; but the fact still remains [sic] that while the Romish doctrines in regard to baptism is purely Pagan, in the ceremonies connected with the Papal baptism one of the essential rites of the ancient fire-worship is still practiced at this day, just as it was practised by the worshippers of Bacchus, the Babylonian Messiah. As Rome keeps up the remembrance of the fire-god passing through the waters and giving virtue to them, so when it speaks of the ‘Holy Ghost suffering for us in baptism,’ it in like manner commemorates the part which Paganism assigned to the Babylonian goddess when she plunged into the waters. The sorrows of Nimrod, or Bacchus, when in the waters were meritorious sorrows. The sorrows of his wife, in whom the Holy Ghost miraculously dwelt, were the same. The sorrows of the Madonna, then when in these waters, fleeing from Typhon’s rage, were the birth-throes by which children were born to God [born again by water]. And thus, even in the Far West, Chalchivitlycue, the Mexican ‘goddess of the waters,’ and ‘mother’ of all the regenerate, was represented as purging the newborn infant from original sin, and ‘bringing it anew into the world.’ Now, the Holy Ghost was idolatrously worshipped in Babylon under the form of a ‘Dove.’ Under the same form, and with equal idolatry, the Holy Ghost is worshipped in Rome. When, therefore, we read, in opposition to every Scripture principle, that ‘the Holy Ghost suffered for us in baptism,’ surely it must now be manifest who is that Holy Ghost that is really intended. It is no other than Semiramis, the very incarnation of lust and all uncleanness”.
“The reader has seen already how faithfully Rome has copied the Pagan exorcism [of evil spirits] in connection with baptism. All the other peculiarities attending the Romish baptism, such as the use of salt, spittle, chrism, or anointing with oil, and marking the fore- head with the sign of the cross, are equally Pagan. Some of the continental advocates of Rome have admitted that some of these at least have not been derived from Scripture” (Hislop, The Two Babylons, p. 137 - 138, 143 - 144,
beklemtoning in vetdruk bygevoeg). Derhalwe het die lering en beoefening van babadoop sy oorsprong in antieke Babilon en is die geloof dat mens weer gebore word van water wanneer mens gedoop word, van heidense afkoms.
Hoe het hierdie teenskriftuurlike, heidense praktyke deel geword van die Christendom?
Die Gnostiese Konneksie, die Groot Afvalligheid en die Vroeë Latynse Kerkvaders.
Jesus Christus het die apostels en gelowiges herhaaldelik gewaarsku teen vals christusse, vals apostels en leraars wat sou kom om, indien moontlik, selfs die uitverkorenes te mislei (Matt. 24:5, 11, 15, 24; sien ook die parallelle weergawes in Markus en Lukas). Net so het die apostels ook die gelowiges gemaan om bedag te wees op vals apostels en leraars (II Kor. 4; 11; I en II Tim.; Tit. 1; II Pet. 2; I, II en III Joh.; Jud.; Op. 2; 3; 13 en 17). Die Nuwe Testament is deurtrek met waarskuwings teen vals apostels en leraars wat in “skaapklere” sou kom maar in die binnekant “roofsugtige wolwe” is en wat ten doel het om die waarheid te verdraai en te vernietig.
Paulus het die Tessalonisense in 51 nC gewaarsku dat hierdie afvallige stelsel, wat hy die “verborgenheid van ongeregtigheid” wat “al aan die werk” is, noem, toe alreeds besig was om die kerk binne te kom. Hy het gewaarsku dat daar sommiges was wat selfs besig was om vervalste briewe in sy naam te skryf. Hy het verder geprofeteer dat hierdie afvallige stelsel sou groei en voortgaan totdat die finale Antichris sal opstaan vir wie Jesus dan sal vernietig met Sy tweede koms. “Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, 2om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.
3Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
4die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
5Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
6En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
7Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
8en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
9hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
10en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
11En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
12sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.” (II Tess. 2:1-12), (beklemtoning in vetdruk bygevoeg).
Op hierdie manier het Satan, die duiwel, sy leraars van ongeregtigheid, (wetteloosheid), geïnspireer om `n groot afvallige “Christendom”, (wat Jesus ook dan geïdentifiseer het as: “…VERBORGENHEID, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE ” (Op. 7:5)), te ontwikkel. Hulle het `n vals Christus verkondig, vals leringe gepropageer, briewe vervals, en, helaas, selfs die heilige Woord van God vervals en gewysig, (II Pet. 3:16), met die doel om hulle eie, heidense, Babiloniese leringe te versprei. Die vroeë leiers van hierdie neo-gnostiese, “verkerstende”, afvallige kerk, het verskeie vals dwaalleringe, waaronder die doktrine van wedergeboorte, ingestel, welke lering die onderwerp van hierdie dokument is.
Die Latynse Vulgaat: As mens Joh. 3:3-5 in die Latynse Vulgaat bestudeer – oorspronklik deur Hieronimus in 383 nC vertaal – ontdek mens `n opsetlike invoeging van die woord, “weer”, in vers 5, wat dit dan as, “weer uit water gebore”, laat lees. Geen Griekse manuskrip bevat die woord “weer” in vers 5, dit is, om te lees, “weer uit water gebore”, nie. Wat volg is `n aanhaling van Joh. 3:3-5 uit die Latynse Vulgaat en `n Afrikaanse vertaling daarvan. (Let daarop dat die Latynse woordvolgorde van die Afrikaanse verskil, en dat leestekens bygevoeg is).
3. Respondit Iesus et dixit ei amen amen dico tibi nisi quis natus fuerit denuo non potest videre regnum Dei
3. Jesus het geantwoord en vir hom gesê, “Amen, amen, ek sê vir jou, tensy iemand opnuut gebore word, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”
4. Dicit ad eum Nicodemus quomodo potest homo nasci cum senex sit numquid potest in ven- trem matris suae iterato introire et nasci
4. Nicodemus sê vir Hom, “Hoe kan `n mens gebore word as hy reeds oud is? Kan hy weer in sy moeder se skoot ingaan en gebore word?”
5. Respondit Iesus amen amen dico tibi nisi quis renatus fuerit ex aqua et Spiritu non potest introire in regnum Dei
5. Jesus het geantwoord, “Amen, amen, ek sê vir jou, tensy iemand hergebore [weergebore] word uit water en Gees, kan hy nie die koninkryk van God binnegaan nie.”
In vers drie beteken die Latynse natus, “gebore”, en denuo beteken, “opnuut”, of, “weer”. Maar, denuo,(“weer”), kom nie in vers vyf voor nie, en lees anders. Die voorvoegsel, re, is egter voor natus ingevoeg om dit dan renatus te maak, wat dan “hergebore” of “weer gebore” maak. Gevolglik lees die sinsdeel dan, “ weer uit water en Gees gebore”, laat lees. Hierdie sinsdeel, soos dit in die Latynse Vulgaat voorkom, word nie in een van die Griekse manuskripte aangetref nie, wat almal lees: gennhqh ex udotoV kai pneumatoV, korrek vertaal, “gebore uit water en en uit Gees.”
Let ook daarop dat die Griekse woord, anwqen anothen, “weer” of “opnuut”, wat in die Griekse teks in vers 3 voorkom, nie in vers 5 van die Griekse teks voorkom nie.
Hierdie wysigings is waarskynlik aangebring om die wanopvatting dat, wanneer `n mens gedoop word, hy of sy “uit water hergebore of weer uit water gebore word”, te substansieer. Dit is uit hierdie wanopvatting wat die lering van die kinderdoop ontwikkel het.
Coverdale se Latynse en Engelse Nuwe Testament: In 1538 het Miles Coverdale `n weergawe van die Nuwe Testament gepubliseer waarin die Latynse Vulgaat en die Engels langs mekaar gedruk is. Die Latynse Vulgaat van sy dag verskil van die Latynse Vulgaat van vandag. Hier is Johannes 3:3-5 uit Coverdale se Bybel:
3. Respondit IESVS, et dixit ei: amen amen dico tibi nisi quis renatus fuerit denuo non potest uidere regnum Dei
3. Jesus answered, and said unto him: “Verily, verily I say unto you, without [unless] a man be born anew, he cannot see the kingdom of God.”
4. Dicit ad eum Nicodemus: quomodo potest homo renasci cusit senex nunquid potest in uetrem matris suae iterato introire & renasci
4. Nicodemus says to him, “How can a man be reborn already being old? Can he enter into his own mother's belly again and be reborn?”
5. Respondit IESVS: amen amen dico tibi nisi quis renatus fuerit ex aqua et Spiritu non potest introire in regnum Dei
5. Jesus answered: “Verily, verily I say unto you, without [unless] a man be born again of water and the holy ghost, he cannot enter into the kingdom of God.”
Uit Coverdale se uitgawe is dit duidelik dat die Latynse Vulgaat van sy tyd renatus en renasci bevat het, wat dit dan as “hergebore” en “weer gebore” laat lees in al drie verse.
Hierteenoor bevat die hedendaagse Latynse Vulgaat renatus net in vers 5.
Gevolglik dui al die getuienis daarop dat Johannes 3:3-5 doelbewus gewysig is om die vals lering, naamlik dat mens weer gebore word wanneer jy gedoop word, te ondersteun.
Erasmus se Grieks-Latynse weergawe van 1535: Met sy finale weergawe van die Griekse teks het Erasmo Roterdamo, (Erasmus van Rotterdam), die Bisantynse Grieks in Latyn vertaal. Sy doel was om `n nuwe, onvervalste Latynse weergawe van die Nuwe Testament beskikbaar te stel.Hy het gevolglik nie die wanvertalings en opsetlike foute van die Latynse Vulgaat in sy vertaling opgeneem nie. Hier volg Erasmus se Latynse vertaling uit die Grieks:
3. Respondit Iesus, et dixit ei amen amen dico tibi nisi quis natus fuerit esupernis non potest videre regnum Dei
3. Jesus het geantwoord en vir hom gesê, “Amen, amen, ek sê vir jou, tensy iemand weer gebore word, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”
4. Dicit ad eum Nicodemus: Quomodo potest homo nasci cum sit senex? Num potest in uentrem matris suae iterato introire, ac nasci?
4. Nicodemus sê vir Hom, “Hoe kan `n mens gebore word as hy alreeds oud is? Kan hy weer in sy moeder se skoot ingaan en gebore word?”
5. Respondit Iesus amen amen dico tibi nisi quis natus fuerit ex aqua et Spiritu non potest introire in regnum Dei
5. Jesus het geantwoord, “Amen, amen, ek sê vir jou tensy iemand uit water en Gees gebore is, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie.”
Erasmus se Latynse vertaling uit die Grieks is korrek. In vers 5 het hy die Griekse woord, gennhqh, gennethe as natus, “gebore” uit water, vertaal en nie soos in die Vulgaat as, renatus, “hergebore”, nie. Erasmus se vertaling lê die opsetlike verknoeiing van die Latynse Vulgaat bloot.
Hoe het dit alles begin?
Hoe het die vals uitleg en lering van Johannes 3:5 ontwikkel tot `n doelbewuste wanvertaling soos dit in die Latynse Vulgaat aangetref word?
Die saad van hierdie lering is gewortel in een van die ketterye wat die apostel Paulus moes aanspreek toe hy aan die Korinthiërs in 56 nC geskryf het. Sommiges in die gemeentes van Korinthe het beweer dat daar geen opstanding uit die dood is nie, welke bewering spruit uit die heidense opvatting van die onsterflikheid van die siel. Ten einde hierdie verregaande bewering te weerlê het Paulus geskryf, “12As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
13As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
14En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
15en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
16Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
17en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
18dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
19As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
20Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.” (I Kor. 15:12-20).
Die apostels was getuies van die opstanding van Jesus Christus, wat die hele grondslag van die Evangelie van Jesus Christus is. Verdermeer leer beide die Ou en Nuwe Testament aangaande die opstanding uit die dood wat sal plaasvind wanneer Jesus Christus terugkeer en die koninkryk van God op aarde vestig. Op daardie tydstip sal die opgestane heiliges saam met Hom as konings en priesters regeer (Dan. 12:2-3; Op. 5:9-10; 20:6).
Terwyl hulle enersyds die opstanding uit die dood verwerp het, het hulle andersyds die teenskriftuurlike, Babiloniese doktrine van die onsterflikheid van die siel, aanvaar. En, tot vandag toe, word baie, (indien nie die oorgrote meerderheid nie), binne die Christendom geleer dat die siel, wanneer mens sterf, of hemel toe gaan, as hy of sy goed gedoen het, of, afhangende hoe sleg die persoon was, of na die vagevuur, (katolieke lering), of na die hel toe gaan.
Die Bybel leer nie dat die siel onsterflik is nie, trouens, dit openbaar dat, “ die siel wat sondig, dié moet sterwe.” (Eseg. 18:4, 20).
Die Bybel leer verder ook nie dat, met dood, die siel na die hemel of die hel gaan nie. Die Bybel leer wel, baie duidelik, dat, met dood, hy of sy opstanding afwag – beide van die regverdiges sowel as die boses (Dan. 12:2; Joh. 5:25-29; I Kor. 15; Op. 20:14-15; 21:8).
Die opvatting van die onsterflikheid van die siel het die lering van die kinderdoop aangevuur want, so word geredeneer, sou `n baba of klein kindjie sterf, wat sou dan van sy of haar siel word? So geredeneer, het dit doop genoodsaak ten einde die “vlek van die oorspronklike sonde” te verwyder, sodat, sou `n kind sterf, sy of hy hemel toe kan gaan; en sou die kind tot volwassenheid lewe, is verlossing en die hemel verseker.
Mens lees in The Oxford Dictionary of the Christian Church, kinderdoop: “Although from the first, baptism was the universal means of entry into the Christian community, the NT contains no specific authority for its administration to infants. But by a tradition at least as old as the 3rd cent., and virtually universal until the Reformation, children born to Christian parents have been baptized in infancy. In the 16th cent. this practice (pseudobaptism) was rejected by the Anabaptists and since the early 17th cent. also by the Baptists and later by the Disciples of Christ.
Ireneaus (Haer., ii. 33) speaks of Christ as ‘giving salvation to those of every age’… who are ‘regenerated’ … through Him, and expressly includes ‘infants and little children’ … among these. Explicit statements concerning infant baptism are made by Origen, who refers to it as an established custom, which the Church has received from the Apostles (Hom. In Lev., viii. 4, Comm. in Rom., v. 9). In both passages he finds the practice justified by the need which infants, no less than adults, have for liberation from original sin. Opposition to infant baptism (implying the prior existence of the practice) is voiced by Tertullian, who urges (De Bapt., 18) that the baptism of children be deferred (despite Mt. 19. 14) until they can ‘know Christ’. This advocacy of delaying baptism for infants, as well as spiritually immature adults, appears to spring from Tertullian’s ideas of the impossibility or great difficulty of the remission of post-baptismal sin. Such considerations led to a widespread deferment of baptism in the 4th cent., e.g. in the cases of Constantine and of St. Augustine…. On the other hand, by the middle of the 3rd cent. infant baptism was regularly performed, as is attested by Cyprian (Ep. 64), where it is stated to convey remission not only of actual sins but also of original sin. From then onwards evidence for the practice is ample” (The Oxford Dictionary of the Christian Church, p. 701).
“In defending the propriety of Infant Baptism against the Pelagians, he [Augustine] also maintained that one of the chief effects of the Sacrament was the removal of the stain of Original Sin on the soul which bars even the new-born child from the Kingdom of Heaven [i.e., its immortal soul going to heaven], thereby developing earlier teaching from NT times, acc. to which the remission of Actual Sins, the infusion of grace, and the incorporation into the Church had been generally recognized as results of Baptism” (Ibid., p. 127).
Aanhalings van die Vroeë Latynse Kerkvaders
Deur enersyds die gelyktydigheid van die opstanding uit die dood en wedergeboorte te verwerp en andersyds die geloof in die onsterflikheid van die siel te aanvaar, het die vroeë Latynse kerkvaders die betekenis van die wedergeboorte verander om toepassing te vind op die doop. Die volgende stellings van hierdie sogenaamde “kerkvaders” toon dat hierdie vals lering reeds geformuleer was binne vyftig jaar nadat die apostoliese era tot `n einde gekom het, (m.a.w. na Johannes se dood in ongeveer 98- 100 nC).
St. Justin Martyr (inter 148-155 AD): “Whoever is convinced and believes that what they are taught and told by us is the truth, and professes to be able to live accordingly, is instructed to pray and to beseech God in fasting for the remission of their former sins, while we pray and fast with them. Then they are led by us to a place where there is water; and there they are reborn in the same kind of rebirth in which we ourselves were reborn: In the name of God, the Lord and Father of all, and of our Savior Jesus Christ, and of the Holy Spirit, they receive the washing with water. For Christ said, ‘Unless you be reborn, you shall not enter into the kingdom of heaven.’ ... The reason for doing this, we have learned from the Apostles” (The First Apology 61). Aangesien die apostels van Jesus Christus nooit geleer het dat kinders gedoop moet word nie, het hulle dit nie van laasgenoemde apostels geleer nie. Hulle het dit waarskynliok van verskeie vals apostels geleer wat aktief was selfs so vroeg as Paulus se bediening (II Kor. 11:13-15).
St. Irenaeus (c. 190 AD): “And [Naaman] dipped himself ... seven times in the Jordan” [2 Kings 5:14]. It was not for nothing that Naaman of old, when suffering from leprosy, was purified upon his being baptized, but [this served] as an indication to us. For as we are lepers in sin, we are made clean, by means of the sacred water and the invocation of the Lord, from our old transgressions, being spiritually regenerated as new-born babes, even as the Lord has declared: ‘Except a man be born again [renatus] through water and the Spirit, he shall not enter into the kingdom of heaven” (Fragment 34).
Recognitions of Clement (c. 221 AD): “But you will perhaps say, ‘What does the baptism of water contribute toward the worship of God?’ In the first place, because that which has pleased God is fulfilled. In the second place, because when you are regenerated and born again of water and of God, the frailty of your former birth, which you have through men, is cut off, and so ... you shall be able to attain salvation; but otherwise it is impossible. For thus has the true Prophet [Jesus] testified to us with an oath: “Verily, I say to you, that unless a man is born again [renatus] of water ... he shall not enter into the kingdom of heaven” ’ ” (Recognitions 6:9).
St. Cyprian of Carthage (c. 200-258 AD): “But afterwards, when the stain of my past life had been washed away by means of the water of re-birth, a light from above poured itself upon my chastened and now pure heart; afterwards through the Spirit which is breathed from heaven, a second birth made of me a new man.…Thus it had to be acknowledged that what was of the earth and was born of the flesh and had lived submissive to sins, had now begun to be of God, inasmuch as the Holy Spirit was animating it. (To Donatus 4).
“[When] they receive also the Baptism of the Church ... then finally can they be fully sanctified and be the sons of God ... since it is written, ‘Except a man be born again [renatus] of water and of the Spirit, he cannot enter into the kingdom of God’ ” (Letters 71 [72]:1).
Seventh Council of Carthage (c. 256 AD): “And in the gospel our Lord Jesus Christ spoke with his divine voice, saying, ‘Except a man be born again [renatus] of water and the Spirit, he cannot enter the kingdom of God.’ ...Unless therefore they receive saving Baptism in the Catholic Church, which is one, they cannot be saved, but will be condemned with the carnal in the judgment of the Lord Christ.”
St. Ambrose of Milan (c. 333-397 AD): “The Church was redeemed at the price of Christ's blood. Jew or Greek, it makes no difference; but if he has believed, he must circumcise himself from his sins [in Baptism—Col. 2:11-13] so that he can be saved ... for no one ascends into the kingdom of heaven except through the sacrament of Baptism.... ‘Unless a man be born again [renatus] of water and the Holy Spirit, he cannot enter the kingdom of God.’ (On Abraham 2:11:79, 84)” (This Rock, tydskrif, uittreksels van Augustus 1992 en Oktober 1994).
Uit hierdie aanhalings is dit duidelik dat die vroeë Latynse kerkvaders `n verknoeide Latynse vertaling van die Bybel, waarvan die teks van Johannes 3:5 gewysig was om renatus in stede van natus te lees, gehad het. Later het Hieronimus, wat sy vertaling van die Skrif na Latyn in 383 nC gedoen het, hierdie gewysigde weergawe van renatus en renasci in verse 3,4 en 5 behou. Dit blyk uit die Latynse Vulgaat in gebruik in die dae van Coverdale – 1538 nC. (Sien die vergelyking op p. 6 hierbo).
`n Vergelyking van Ander Vroeë Engelse, Nederlandse en Duitse Vertalings van Johannes 3:3, 5
William Tyndale, `n Bybelgeleerde en die eerste mens wat die Nuwe Testament uit Grieks na Engels vertaal het, het Johannes 3:3, 5 korrek vertaal. Hy het egter, verkeerdelik, in van sy ander geskrifte geleer dat wanneer mens tot bekering kom en die Heilige Gees ontvang, mens weer gebore is.Moontlik het hy ook hierdie misvatting vaaf die Latynse Vulgaat in sy teologie ingebring alhoewel hy die korrekte vertaling van “weer gebore “ en “ opnuut gebore” in Johannes 3 weergegee het.
Tyndale het die Griekse woorde gennaw anwqen gennao anothen in Johannes 3:3 as “born from above” en “born anew”, vertaal.
Die Griekse woord gennaw gennao beteken: [Of a man, “to beget, to become a father”; of a woman, “to conceive, to bear.” In some cases, according to the context, gennao does mean “born.” However, gennao predominantly means “begotten” rather than “born.”
Die Griekse woord anwqen anothen, beteken: “from above, again, anew”
(Arndt & Gingrich, A Greek-English Lexicon of the New Testament).]
Uit die ‘ The English Hexapla (1841) ’ kan ons Tyndale se vertaling vergelyk met ander vroeë Engelse vertalings. Dit is duidelik dat ander vertalers ook probleme gehad het met die uitleg van gennao en gennao anothen. Die volgende vier weergawes is uit die Grieks na Engels vertaal:
1) Tyndale 1534: “born anew,” vers 3; “born again,” verse 4, 7; “born,” verse 4, 5, en 6.
2) Great Bible, Cramner 1539: “born from above,” verse 3, 7; “born again,” vers 4; “born,” verse 4, 5, en 6.
3) Geneva 1557: “begotten again,” verse 3, 7; “begotten,” verse 4, 5 en 6.( Alhoewel “begotten”, (“verwek”, in Afrikaans), in baie gevalle die korrekte vertaling van gennao is, is dit nie die korrekte vertaling in Johannes 3 nie. Die vertalers van die latere 1599 Geneefse Bybel het hierdie fout reggestel deur dit as “born” in stede van “begotten” weer te gee.)
4) KJV 1611: “born again,” verse 3, 7; “born,” verse 4, 5 en 6.
Die volgende twee weergawes is uit die Latynse Vulgaat na Engels vertaal:
1) Wycliffe 1380: “born again,” verse 3, 7; “born” verse, 4, 6, en 7; “born again of water,” vers 5.
2) Rheims 1582: “born again,” verse 3, 7; “born,” verse, 4, 6, en 7; “born again of water,” vers 5.
Dit word beweer dat dit Wycliffe was by wie die frase “born again”, (in vers vyf), begin het, maar beide hy en die vertalers van die Rheims weergawe het die Latynse Vulgaat gebruik vir hulle Engelse weergawes.
Die volgende ou Duitse vertalings gee gennao en gennao anothen aldus weer:
1) Unrevidierte Luther 1545: “von neuem geboren”, verse 3 en 7; “geboren”, verse 4, 5 en 6.
2) Unrevidierte Elberfelder 1871: “von neuem geboren”, verse 3 en 7; “geboren”, verse 4, 5 en 6.
Die Nederlandse Statenvertaling gee gennao en gennao anothen aldus weer: “wederom geboren”, verse 3 en 7; “geboren” in verse 4,5 en 6.
Die Ware Skriftuurlike Betekenis van “Wedergeboorte”
Ten einde die ware Skriftuurlike betekenis van wanneer mens wedergebore word te verstaan, moet mens Jesus se leringe in Johannes 3:1-12 bestudeer. Die teksverband van hierdie verse toon dat wedergeboorte nie `n bekering of `n doopervaring beteken nie. Veeleer beteken dit `n letterlike transformasie vanaf vlees na gees: “En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode.
2Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
3Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
8Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
9Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
10Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
11Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
12As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?” (Joh 3:1-12).
Dit is tog duidelik dat Jesus, tydens hierdie dialoog, nie besig was om van `n bekering of `n doopervaring te praat nie. Hy was eerder besig om `n mens se fisiese geboorte - `n vleeslike bestaan – met die van wedergeboorte - `n werklike, geestelike bestaan – te vergelyk. Jesus beskryf twee geboortes hier: een uit water en een uit gees, “as iemand nie gebore word uit water en uit Gees nie”. Vervolgens wys Jesus `n vergelyking tussen `n geboorte van vlees en `n geboorte van gees: “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees”.
Fisiese geboorte: Wanner `n mens gebore word, word hy of sy van vlees gebore - `n fisiese wese. Verder word elke mens “uit water gebore”, van die baarmoeder. Die een wat uit water gebore is, is uit die vlees gebore en is vlees.
Geestelike geboorte: Nikodemus het die punt gemis toe Jesus na `n tweede, of nuwe geboorte – uit die Gees – verwys het: “as iemand nie gebore word…uit Gees”. Watter soort bestaan voer iemand wat uit Gees gebore is? Jesus het daardie vraag geantwoord toe Hy gesê het: “ wat uit die Gees gebore is, is gees”. Jesus het duidelik bedoel dat enigeen wat uit die Gees gebore is, gees is, `n geestelike wese. Die nuwe geestelike geboorte beteken dat die een wat weer gebore is `n geestelike wese is wat nie langer meer uit menslike vlees samgestel is nie. As iemand wat “uit vlees gebore is, vlees is”, dan volg dit logies, soos Jesus gesê het, dat wat “uit die Gees gebore is, gees is.”
Elke mens word deur vleeslike bestaan en fisiese omgewing aan bande gelê. As `n geestelike wese is mens egter nie beperk deur die vleeslike bestaan en fisiese omgewing nie. Jesus het gesê dat iemand wat “uit die Gees gebore is” nie noodwendig gesien kan word nie, net soos die wind nie gesien kan word nie: “Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.” (Vers 8). Daarom moet iemand wat “wedergebore” is, “gebore uit die Gees”, onsigbaar wees vir die mense-oog, en die vermoë hê om soos die wind te kan kom en gaan. Dit is nouliks die geval met iemand wat gedoop is of bekeer is; hy of sy is steeds in die vlees en beperk deur die vlees – onderworpe aan die dood. Jesus het gesê dat `n vleeslike mens nie die koninkryk van God kan sien of binnegaan nie (Joh. 3;3, 5). Paulus het hierdie feit herhaal toe hy nadruklik verklaar het: “ Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie” (I Kor. 15:50).
Wanneer word mens werklik wedergebore? As mens dan nie met doop of bekering wedergebore word nie, wanneer word mens dan letterlik weer of opnuut gebore? Dit is deur die geboorte, lewe, dood en opstanding van Jesus Christus wat die Nuwe Testament openbaar wanneer `n mens weer gebore word. Mattheus het geskryf dat Jesus die “eersgeborene” van die maagd, Maria, was (Matt. 1:25). Jesus se geboorte, as vleeslike mens, was uit water. Hy was vlees (I Joh. 4:1 – 2) net soos enige ander mens, alhoewel Hy ook “God geopenbaar in die vlees”, was (I Tim 3:16).
Toe Jesus uit die dood opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, het Hy die “eersgeborene uit die dood” geword (Kol. 1:18). Jesus is derhalwe weer gebore – gebore uit die Gees – op die tydstip toe Hy uit die dood uit opgewek is, presies soos wat Hy vir Nikodemus gesê het, “wat uit die Gees gebore is, is gees” (Joh. 3:6).
Die Apostel Paulus het duidelik daarop gewys dat Jesus weer gebore is toe hy geskryf het: “ want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
17En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
18En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
19Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon” (Kol.1:16-19). Die apostel Johannes het ook hierdie feit bevestig to hy geskryf het “die eersgeborene uit die dode” (Op. 1:5).
Na Sy opstanding en hemelvaart om deur die Vader aanvaar te word as die volmaakte offerande vir die sondes van die wêreld, het Jesus na die aarde teruggekeer en aan die apostels, wat agter geslote deure in `n vertrek vergader was, verskyn. Aangesien `n geestelike wese nie beperk word deur die fisiese omgewing nie, het die opgestane Jesus deur deure en mure geloop en skielik aan die apostels en dissipels verskyn:
“ 19En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
20En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien” (Joh. 20:19-20).
As `n geestelik wese het Jesus die ook die vermoë om Homself in menslike vorm te openbaar, soos wat Hy gedoen het toe saam met die twee dissipels na Emmaus geloop het (Luk. 24:13-31). Hy het verder die vermoë gehad om hulle oë te verhinder om Hom te herken, sodat hulle nie agtergekom het dat dit Hy was nie totdat Hy die brood gebreek en geseën het. Toe het Hy onmiddelik verdwyn. Hierdie gebeure wys dat as `n wedergeborene - gebore uit die Gees – was Jesus soos die wind, soos Hy aan Nikodemus gesê het.
Hy het gegaan waar Hy wil, en niemand kon Hom sien nie, tensy Hy dit vir hulle moontlik wou maak om Hom te sien deur Homself dan as `n mens met vlees en been te openbaar.
Nadat Jesus verdwyn het, het die twee dissipels na Jerusalem teruggekeer:
“33Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
34wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
35Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
36En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
37Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien.
38En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
39Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
40En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
41En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?
42Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.
43En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet” (Luk 24:33-43).
Synde `n goddelike geestelike wese, die eersgeborene vanuit die dood, was Jesus in staat om Homself as `n mens te manifesteer. `n Demoniese gees kan by tye daartoe in staat wees om as `n afskynsel van mense te manifesteer maar nooit as van vlees en been nie, Geen wonder die dissipels was bevrees toe Jesus die eerste keer aan hulle verskyn het nie.
Hoe die Verheerlikte Christus Lyk: Toe Jesus begin het om aan die apostel Johannes gesigte vir die boek van Openbaring te gee, het Hy aan Johannes geopenbaar hoe Hy in Sy volle heerlikheid, as geestelike wese, lyk:
“ 10Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:
11Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
12Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
13en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.
14Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,
15en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
16En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag [Matt. 17:2].
17En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
18en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. (Op 1:10-18).
Jesus Christus is die Eersgeborene Onder Baie Broers Wat Opgewek Sal Word met Sy Koms
Nie net is Jesus Christus die eersgeborene uit die dood nie maar Hy is ook die “eersgeborene onder baie broers” (Rom 8:29). Die ware liggaam van gelowiges word “die gemeente van eersgeborenes” genoem, soos Paulus geskryf het: “2Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,
23by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges” (Heb. 12:22-23).
Dit word die gemeente van die eersgeborenes genoem want ware gelowiges sal opgewek word, of weer gebore word - gebore uit die Gees – met die eerste opstanding wanneer Jesus terugkeer (Op. 20:4-6).
Christus die Eersteling: Paulus het geskryf dat Jesus Christus ook die “eersteling” is van diegene wat uit die dood opgewek word. Hy het verder verduidelik dat die res van die ware Christene opgewek sal word met Jesus se tweede koms: “ 20Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
21Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.
22Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
23maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms (I Kor. 15:20-23).
Die apostel Jakobus, die broer van die Here, het na Christene as “eerstelinge” van God verwys: “16Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
17Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
18Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees (Jak 1:16-18).
Jesus het Sy dissipels geleer dat die oes van die eerstelinge aan die einde van era sal plaasvind, wanneer Hy terugkeer, soos Hy verduidelik het in die gelykenis van die goeie en die slegte saad: “37En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
38en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
39en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
40Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
41die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
42en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
43Dan sal die regverdiges skyn soos die son [verheerlikte geestelike wesens wat weer gebore word uit die Gees met die eerste opstanding]in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor” (Matt. 13:37-43).
Uit hierdie skrifgedeeltes is dit duidelik dat mens se siel nie na die hemel, vagevuur of die hel toe gaan wanneer mens doodgaan nie maar dat maar die opstanding afwag. Niemand het na die hemel opgevaar behalwe Jesus nie (Joh. 3:13; Hand. 2:22-24), Wie aan die regterhand van God die Vader sit om in te tree as Hoëpriester (Heb. 4:14-16; I Joh. 2:1-2). Op die vasgestelde tyd sal Jesus Christus na die aarde terugkeer en die opstanding van die heiliges sal plaasvind met Sy koms.
Omdat sommiges in Korinthe geglo het dat daar geen opstanding uit die dood is nie, het die apostel Paulus omvangryk daaroor geskryf. Hy het oorweldigende getuienis van die opstanding voorgehou en bewys dat die siele van dooie mense nie na die hemel, vagevuur of hel gaan wanneer hulle sterf nie: “35Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
36Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
37En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
38Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
39Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
40En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.
41Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
42So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
43daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
44‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
45So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
46Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike” (I Kor. 15:35-46).
Hierdie skrifgedeeltes openbaar dat mens, met die opstanding, weer, uit die Gees, gebore sal word en `n verheerlikte geestelike liggaam, en wat soos die son sal skyn, ontvang. Paulus het hierdie verduideliking aangaande die opstanding van die dode in verse 47-55 voortgesit: “47Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
48Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
49En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra [met die opstanding].
50Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
51Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,[weer gebore word uit die Gees]
52in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
53Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
55Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?” (I Kor. 15:47-55).
Dit is voor-die-hand-liggend dat die opstanding van die heiliges nog nie plaasgevind het nie. Elkeen wat in die geloof gesterf het sal as onsterflike geestelike wesens opgewek word. Maar wanneer sal die opstanding plaasvind?
Wanneer word die heiliges opgewek?
Die profeet Jesaja het die dag van die opstanding van diegene wat aan Christus behoort, vooruit vertel. Hy het geprofeteer dat dit die geboorte van `n nasie, uit die aarde uit, sal wees. Op daardie tydstip sal die heiliges weer gebore word, gebore uit die Gees: “8Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ‘n land op een enkele dag gebore? Of word ‘n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar” (Jes. 66:8). Die apostel Petrus het Christene `n koninklike priesterdom, `n heilige volk, genoem: “9Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry” (I Pet. 2:9). Wanneer die eerste opstanding plaasvind sal `n heilige volk van konings en priesters in een dag gebore word en hulle sal saam met Jesus Christus vir `n duisend jaar lank, heers en regeer, en vir ewig lewe (Op. 20:4-6).
In sy eerste sendbrief aan die Tessalonisense in 50 nC, het Paulus verduidelik dat die opstanding van die heiliges nie sal plaasvind voordat Jesus Christus terugkeer na die aarde toe nie: “ 14Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring [want hulle sal in die lug in opvaar om Hom in die wolke te ontmoet].
15Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
16Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan [weer gebore uit die Gees].
17Daarna sal ons wat in die lewe oorbly [sal verander word], saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees” (I Tess. 4:14-17).
Jesus Christus het ook geleer dat die opstanding van die heiliges sal plaasvind wanneer Hy terugkeer na die aarde: “27Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
29En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
30En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
31En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke [van oral oor die wêreld en hulle opneem in die lug vir die ontmoeting met Christus], van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan” (Matt. 24:27,29-31).
Openbaring 15 toon dat die opgestane heiliges Jesus Christus in die lug, in die wolke, sal ontmoet en op `n see van glas sal staan: “ En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.
2En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.
3En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God [wat die regverdige profete en konings wat gered is versimboliseer], en die lied van die Lam [versimboliseer diegene wat gered is vanaf Christus se eerste koms tot en met die opstanding], en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!
4Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het” (Op 15:1-4).
Na die uitstorting van die laaste sewe plae en God se oordeel teen die Groot Babilon, keer die verheerlikte heiliges saam met Jesus Christus terug na die aarde: “ 11Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
12En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
13En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
14En die leërs in die hemel [die opgestane gelowiges wat opgewek is om Christus in die lug op die see van glas te ontmoet]het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne [die geregtigheid van die heiliges].
15En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
16En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
17En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
18dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
19En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
20En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
21En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op 19:11-21).
Met die vernietiging van die Dier en die vals profeet en hulle leërs, keer Jesus Christus, Koning van konings en Here van here, terug na die aarde in groot krag en heerlikheid. Op daardie dag sal Hy weereens Sy voete op die Olyfberg sit, vanwaar Hy opgevaar het na die hemel terwyl Sy apostels toegekyk het, byna tweeduisend jaar gelede: “9En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
10En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,
11wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
12Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver” (Hand. 1:9-12).
Net soos wat Jesus opgevaar het na die hemel vanaf die Olyfberg, het die profeet Sagaria vooruit vertel dat Hy sal neerdaal vanaf die hemel saam met al die heiliges om oorlog te maak teen al die nasies wat saamgetrek is by Jerusalem: “Kyk, daar kom ‘n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
2Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
3En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
4En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
5En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
6En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
7En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.
8En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
9En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een” (Sag. 14:1-9).
Om op te som. Al die skriftuurlike getuienis wat aangebied is toon duidelik dat mens nie “weer gebore, gebore uit die Gees” word, totdat die opstanding met die terugkeer van Jesus Christus plaasvind nie. Om wedergebore te wees het niks te make met die doop of bekering nie. Wanneer iemand wedergebore is sal hy of sy `n geestelike wese wees – saamgestel uit gees. Die opgestane heiliges sal die heerlikheid van Jesus Christus beërwe, Wie hulle liggame sal verander om soos Sy verheerlikte liggaam te wees. “ 20Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
21wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp” (Fil. 3:20-21).
Dit, is die ware betekenis van “wedergeboorte”